Orkez - Bietjie agtergrond

   

Dit was terug in 1998 dat een van Ziets se buddies vir hom gesê het, luister ek het iemand om aan jou voor te stel, hy speel ook kitaar, en sy naam is David.  

Die twee het die destydse Zol Josling gevorm en was ‘n gereelde gesig op die Pretoriaanse live circuit. Zol het geëvolueer in ‘n wêreld musiek groep by die naam Anixi - wie se musiek veral geskik was vir die film industrie – en Anixi was gebruik om die score te doen vir ‘n Suid Afrikaanse produksie, My Place of Birth.   

Dis hoe alles begin het en sewe jaar se musikale vorming en eksperimentering het gelei tot die formasie van Orkez in Januarie 2005, toe daar besluit is om weer in Afrikaans te rock soos in die goeie ou dae. 

Ja daar was baie fases voor Orkez, fases wat die unieke klank van Orkez mee gebring het. Die Saundersen broers se debut in die musiek bedryf was byvoorbeeld in ‘n death metal groep (ek dink dit skyn nou nog deur agter die gordyn), en Barrie van Zyl wat sy talent as gospel musikant aangewend het.  

Orkez se visie is gebaseer op ‘n vars benadering tot die Afrikaanse mark en beloof of iets nuuts en unieks te wees sonder om heeltemal oorboord te gaan. In kort doen hulle Afrikaans Rock wat luisterbaar is. Die groep is ‘n stem teen die onderdrukking van die Afrikaanse kultuur en glo dat meeste van die onderdrukking gebeur deur Afrikaners hulself.  

Orkez se eerste gesamentlike oefening was in Februarie 2005 toe die oorspronklike lede bymekaar gekom het by Kenny Mclellan se huis (vorige bass speler). Die idee was om net te speel vir die pret daarvan met die opsie om dit meer ernstig te vat sou dinge goed gaan. Die manne het dit so geniet en het besluit dat hulle kans sien vir ‘n album.  

Die groepslede is tans:         

Johan Zietsman   – Akoestiese kitaar en vocals
David Saunders   – Elektriese kitaar en vocals
Barrie v Zyl     – Dromme
Henk Saunders
    – Bass kitaar  

So het die opnames van In Opsomming begin in Junie 2005 by ‘n tuiste op Northcliff Hill met die pragtigste uitsig oor Johannesburg. Die groep het ook besef dat dit sal nodig wees om ‘n paar lewendige vertonings in te ryg voor die einde van die 2005 en het ‘n kontrak met die agentskap Music SA gesluit vir die administrasie en reëlings van lewendige vertonings. 

In Opsomming was klaar aan die einde van September 2005 en die groep het die pad geslaan. Vertonings het ingesluit The Magic Carpet Carnival, Maloney’s, The New Melville Theatre, The Nile Crocodile en Gecko’s. Dit is gedurende die tydperk dat Kenny deur Henk Saunders vervang was as bass speler van die groep agv. besigheids verpligtinge en Henk het dadelik goed ingepas by die groep se musikale styl en passie. 

Die groep se musiek is meestal met verbasing ontvang en vele artikels is geskryf oor die uniekheid van die groep se klank en oor hoe dit nie Afrikaans klink nie. Orkez is selfs langs Fokofpolisiekar geplaas en daar is gesê dat die twee groepe die toekoms is van Afrikaanse musiek.  

Hulle show kan net geklassifiseer word as ‘n hoe energie, luisterbare rock show soos dit gedoen was terug in die 70’s. Orkez gee Afrikaanse Rock die naam soos geen ander Afrikaanse groep al gedoen het nie. 

Orkez het met hulle album probeer om alle vorme van musiek in een unieke klank te inkorporeer. Hulle lede beskryf hul musiek as funkfolkrockblues, of eerder vir sofistikasie doeleindes - lekker klipgooi musiek.   

So erg was die belangstelling dat Orkez die aandag van Sheer publishing gelok het en was in Januarie 2006 ‘n publisiteit’s ooreenkoms geoffer met die welbekende maatskappy. 

2006 lyk baie rooskleurig vir hierdie Afrikaanse fenomeen en ek het die voëltjie hoor fluit oor optredes by meeste van die groot Suid Afrikaanse feeste. Kyk uit vir ‘n optrede in jou omgewing en moenie hierdie ouens misloop nie!
 

   
         

 
HOME  |  NUUS  |  BIOGRAFIE  |  GIGS  |  FOTO'S  |  DOWNLOAD  |  SE JOU SE  |  KOOP